Wie is ons
Hoe ons werk
Mobile Maths verskaf persoonlike tutors om kinders by die huis te help met hul skoolvakke. Dit voel vir die kinders asof hul hul eie persoonlike onderwyser het. Ons help kinders deur onder andere die volgende te doen:- Verduidelik werk waarin die kind agtergeraak het
- Hersien ingewikkelde nuwe werk wat hulle by die skool doen
- Identifiseer en verduidelik praktiese metodes wat herhaaldelik gebruik kan word
- Versterk begrip van die werk met behulp van addisionele vrae
- Stel kinders bloot aan tipiese eksamenvrae en vangplekke
- Eksamenvoorbereiding
Ons neem die skool in ag
Baie skole gebruik verskillende handboeke en behandel ook temas in verskillende volgordes. Ons is versigtig daarvoor om kinders nie te gou te te oorlaai met metodes wat anders is as wat hul gewoond is nie. Ons gebruik die skool se handboek en metodes as ‘n vertrekpunt met elke kind. Ons ondervinding het egter geleer dat kinders sekere metodes beter verstaan as ander. Volgens elke unieke situasie, help ons kinders verder om die mees verstaanbare en aanvaarbare metodes te gebruik om sodoende ook tyd te bespaar in toetse.Ontmoet ons tutors
Ons tutors is universiteitstudente wat briljant is in hul veld en passievol oor onderrig. Ons hoofkriteria vir tutors is matriekpunte bo 70%, blootstelling aan die vak op universiteitsvlak en ‘n toeganklike persoonlikheid waarmee kinders kan assosieer in ‘n leeromgewing. (Ons verskaf aan matriek onderskeidingskandidate tutors wat self ook onderskeidings behaal het.) Ons tutors vertel ook uit persoonlike ervaring aan kinders wat die nut van die vak is in die akademiese wêreld en in toekomstige loopbane. Kinders kry blootstelling aan van die slimste studentekoppe in die land terwyl dit vir hulle voel asof hulle met 'n baie slim ouer boetie of sussie gesels. Hierdie is een van Mobile Maths se grootste suksesfaktore.Ervaring
Die eerste Mobile Maths tutors het in klein dele van Pretoria begin klasgee in 2002. Met ‘n lys van kliënte uit al die groot skole het ons sedertdien een van die mees bekende name regoor Pretoria geword. Meeste van ons kliënte word verwys deur ander kliënte wat vol lof is oor ons tutors en hul kinders se resultate. Ons brei tans ook uit na Johannesburg, met ons sterkste fokus gerig op die Wes-Rand, Oos-Rand en Randburg. Loer gerus in watter areas ons werk...Lestye
Mobile Maths neem kinders se skedules in ag en kan enige tyd help, oggend tot aand. Ons kan klasgee op enige dag, alhoewel die meeste van ons kinders hul klasse verkies van Maandae tot Donderdae. Gedurende skoolvakansies het kinders die opsie om bietjie te rus van hul studies of om steeds met klasse voort te gaan.All content on page used by permission. No part of this page may be reproduced or copied without permission.