Wie het klas nodig
Die tyd waarin slegs ‘n handjievol skoolkinders met leerprobleme ekstra klasse uitsoek, is lank reeds verby. Vandag het ekstra klasse die standaard geword eerder as die uitsondering. Mobile Maths word gereeld ingeroep om te help met ‘n verskeidenheid uitdagings waarmee kinders gekonfronteer word. Sommige van die mees algemene uitdagings waarmee ons help is die volgende:'n Skielike afname in punte
‘n Skielike afname in punte is algemeen waar ‘n kind in 'n nuwe jaar van graad verander. Om in ‘n hoër graad te wees, beteken- nuwe werk bou voort op ‘n fondasie van kennis wat in vorige jare vasgelê is
- ‘n vinniger werkstempo word gehandhaaf
'n Nuwe Onderwyser
In ‘n klaskamer vol kinders is dit onmoontlik vir enige onderwyser om hul styl van klasgee aan te pas by elke individu se persoonlikheid. Wanneer ‘n kind nie aanklank vind by die onderwyser se styl nie het dit ‘n negatiewe effek op die kind. Daarteenoor kan individuele tutors baie maklik hul styl aanpas by ‘n kind se persoonlikheid.Voldoening aan universiteitstandaarde
Ons help dikwels kinders wat mik na ‘n sekere persentasie of simbool vir toelating tot een of ander universiteitskursus. Ons help ook onderskeidingskandidate deur vangplekke uit te wys en eksamenvoorbereiding te doen.'n Groot voorsprong
Kinders en ouers wat planne het om munt te slaan uit Suid-Afrika se huidige vaardigheidstekort, gebruik ons dienste om te verseker dat hul op die voorpunt van kennis bly. Baie kinders gebruik ons tutors op ‘n weeklikse basis om te verseker dat hul altyd hul werk sal verstaan en nie sal agter raak nie.Skoolverwisseling
Skole behandel nie almal die sillabus in dieselfde volgorde nie. Om van skool te verwissel kan beteken dat werk gemis word. ‘n Persoonlike tutor help met akademiese aanpassing in ‘n tyd waar ‘n kind al die emosionele druk ervaar van nuwe vriende maak asook onderwysers en omgewings leer ken.All content on page used by permission. No part of this page may be reproduced or copied without permission.