Ek wil 'n tutor wees!
Ekstra klas gee is een van die studentewerke met die meeste voordele. Dit bied ‘n tutor die geleentheid om ‘n verskil te maak en kinders te sien groei. Die aantal ure wat per maand gespandeer word aan ekstra klas gee is ook veel minder as ander studentewerk, terwyl die finansiële obrengs beter is. Verdien geld en hę ook nog tyd vir jou eie studies en sosiale lewe. As jy die breinkrag en passie het is daar geen beter geleentheid nie.As jy belangstel om ‘n tutor te word in een van ons huidige werksareas of in ‘n ander stad/dorp, wil ons van jou hoor!
Kriteria
Tutors wat aansoek doen moet aan die volgende kriteria voldoen:- 70%+ op Hoër Graad in Matriek vir die vak wat jy wil tutor
- Blootstelling aan die vak op tersięre vlak
- Eie betroubare vervoer
- Gereelde toegang tot e-mail
- Tyd om 3 tot 4 kinders per week te kan sien (reistyd na elkeen in ag geneem)
- Tutors moet vlot kan kommunikeer in Afrikaans en Engels
Om aansoek te doen
Indien jy voldoen aan die kriteria kan jy ons e-mail met ‘n kort CV. Sluit asb die volgende inligting in:- ‘n Beskrywing van jou Matriek akademiese uitslae (Ware afskrifte is nie nodig nie – ons sal eers daarvoor vra as ons jou aanstel)
- Wat en waar jy studeer asook hoeveelste akademiese jaar
- Beskrywing van vakke waarmee jy kan help
- Beskrywing van omgewings waarin jy kan werk
- Enige vorige ondervinding
All content on page used by permission. No part of this page may be reproduced or copied without permission.