Pryse
Die dae van betaal vir ‘n uur in ‘n oorvol klas waar ‘n kind slegs 15 minute se individuele aandag kry, is verby. Die dae van kinders rondry is verby. In die wêreld van een-tot-een tuisonderrig is Mobile Maths die mees ekonomiese opsie.Ons dienste word aangebied teen ‘n standaard tarief van R150 per uur. Vir kliënte wat bietjie verder woon, word ‘n pro rata reiskoste bygevoeg. Ons standaard aanbeveling is dat kinders ten minste een uur ekstra klas per week sal neem gedurende die kwartaal. Dit help die kind om ‘n indiepte begrip te kry vir die individuele temas wat by die skool behandel word. Ons beveel ook ‘n paar addisionele ure aan voor groot eksamens vir hersiening en eksamenvoorbereiding. Dit verseker dat metodes wat gedurende die kwartaal vasgelê word, vars in die geheue sal wees tydens die toets.
Alhoewel ons ondervinding toon dat bogenoemde metode die beste resultate lewer, kan ons steeds aan ‘n kind enige hoeveelheid lesse lewer wat hul mag benodig gegrond op hul behoeftes. Ons kliënte het nie nodig om ‘n vaste-termyn kontrak te teken nie.
All content on page used by permission. No part of this page may be reproduced or copied without permission.